Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
2
1. Persoonlike inkomstebelasting
In vanjaar se Begroting is daar geringe aanpassings aan die inkomstebelastingskale om
ekonomiese groei te ondersteun. Die tabel hieronder illustreer die aangepaste belastingkoerse
van toepassing op individuele belastingbetalers en spesiale trusts vir die 2020/2021-belastingjaar.
Belastingkoerse vir natuurlike persone en spesiale trusts 2020/2021-belastingjaar* Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R)
0 – 205 900 18% van belasbare inkomste
205 901 – 321 600 37 062 + 26% van belasbare inkomste bo 205 900
321 601 – 445 100 67 144 + 31% van belasbare inkomste bo 321 600
445 101 – 584 200 105 429 + 36% van belasbare inkomste bo 445 100 584 201 – 744 800 155 505 + 39% van belasbare inkomste bo 584 200
744 801 – 1 577 300 218 139 + 41% van belasbare inkomste bo 744 800
1 577 301 en meer 559 464 + 45% van belasbare inkomste bo 1 577 300
*Die tabel hierbo is ’n uittreksel uit Hoofstuk 4 van Revenue Trends and Tax Proposals, 2020 National Treasury Budget Review
Belastingkortings
2019/2020-belastingjaar (R)
2020/2021-belastingjaar (R)
Primêre korting 14 220 14 958
Sekondêre korting (ouderdom 65 tot onder 75) 7 794 8 199
Tersiêre korting (ouderdom 75 en ouer) 2 601 2 736
Belastingdrempels
2019/2020-belastingjaar (R)
2020/2021-belastingjaar (R)
Onder ouderdom 65 79 000 83 100
Ouderdom 65 tot onder 75 122 300 128 650
Ouderdom 75 en ouer 136 750 143 850
Dit beteken dat ’n belastingbetaler wat minder as hierdie drempels verdien, geen
inkomstebelasting in die 2020/2021-belastingjaar sal betaal nie.
3
Die voorbeelde hieronder illustreer die impak van die voorgestelde veranderings op
individue jonger as 65:
Belastingimpak vir persone jonger as 65
Belasbare inkomste (R)
2019/20-koerse (R)
2020/21-koerse (R)
Belasting-verandering
(R)
%-verandering
150 000 12 780 12 042 -738 -5.8
300 000 48 112 46 570 -1 542 -3.2
500 000 113 654 110 235 -3 420 -3.0 750 000 210 320 205 313 -5 007 -2.4
1 000 000 312 820 307 813 -5 007 -1.6
1 500 000 517 820 512 813 -5 007 -1.0
2 000 000 742 820 734 721 -8 099 -1.1
2. BTW
Die BTW-koers bly onveranderd op 15%.
3. Boedelbelasting en skenkingsbelasting
Boedelbelasting en skenkingsbelasting bly onveranderd.
Boedelbelastingkoerse vir persone wat op of na 1 Maart 2018 gesterf het
Belasbare boedel (R) Boedelbelastingkoers (R)
0 – 30 000 000 20% van elke rand
30 000 001 en meer 6 000 000 + 25% van belasbare boedel bo 30 000 000
In 2017 is artikel 7C van die Inkomstebelastingwet gewysig om die oordrag van groeibates by
wyse van laerente- of rentevrye lenings aan maatskappye wat deur trusts besit word, te verhoed.
Volgens die Tesourie is sekere belastingbetalers besig om die aangepaste reëls te ondermyn deur
eerder in te skryf op voorkeuraandele in maatskappye wat deur trusts besit word met wie die
persone ’n verbintenis het. Om hierdie nuwe vorm van misbruik vas te vat, oorweeg die Tesourie
om huidige wetgewing te wysig om te verhoed dat trusts gebruik word om belasting te vermy.
4
Herposisionering van die boedelbelasting-insluiting ten opsigte van die onafgetrekte bydraes wat as ’n aftrekking gebruik word in die belasting van enkelbedagdoodsvoordele wat uit aftreefondse betaal word, om ’n onbedoelde uitkoms1 reg te stel.
Wanneer ’n lid van ’n aftreefonds sterf en die lid se begunstigde besluit om die doodsvoordeel
as ’n enkelbedrag te neem, word die res van die lid se onafgetrekte aftreefondsbydraes gebruik
as ’n aftrekking om die belasbare bedrag van die enkelbedragdoodsvoordeel te verminder.
Die Boedelbelastingwet van 1955 is met ingang van 1 Maart 2016 gewysig om te bepaal
dat die bedrag van so ’n “onafgetrekte bydrae” by die dood van ’n aftreefondslid as
“eiendom” ingesluit word vir die berekening van boedelbelasting.
Die wysiging is so bewoord dat die insluiting vir boedelbelastingdoeleindes nog steeds sou
geld selfs al is die doodsvoordeel nie in die vorm van ’n enkelbedrag geneem nie – bv. as
die begunstigde die doodsvoordeel in die vorm van ’n annuïteit geneem het.
Die Wysigingswet op die Belastingwette van 2019 het nou hierdie bepaling herposisioneer
om slegs die bedrag wat werklik as ’n aftrekking gebruik word teen ’n enkelbedrag-
aftreedoodsvoordeel wat werklik ten opsigte van ’n ontslape lid van ’n aftreefonds
uitbetaal word, as “eiendom” vir boedelbelastingdoeleindes in te sluit. Dit blyk dus dat waar
’n annuïteit deur die afhanklikes of begunstigdes van die ontslape belastingbetaler-lid
gekies is, geen bedrag as “eiendom” by die boedel ingesluit sal word nie.
Die wysiging het op 30 Oktober 2019 in werking getree en geld ten opsigte van:
• boedels van lede wat op of na daardie datum gesterf het; en
• op of na 1 Maart 2016 bydraes tot aftreefondse gelewer het.
Skenkingsbelastingkoerse vir skenkings op of na 1 Maart 2018 Belasbare skenking (R) Skenkingsbelastingkoers (R)
0 - 30 000 000 20% van elke rand 30 000 001 en meer 6 000 000 + 25% van belasbare skenking bo 30 000 000
Vanaf 1 Maart 2018 word skenkingsbelasting teen ’n koers van 20% gehef op die totale waarde
van eiendom wat geskenk is en nie R30 miljoen oorskry nie, en teen ’n koers van 25% op die
waarde bo R30 miljoen. Let in hierdie verband op die volgende riglyn wat op 23 Februarie 2020
op die SA Inkomstediens se webwerf verskaf is:
• Vir die bepaling van die R30 miljoen-drempel, word die totale waarde van eiendom wat
geskenk is, bereken vanaf 1 Maart 2018 tot die datum van die huidige skenking. Enige skenkings
wat voor 1 Maart 2018 gedoen is, moenie in ag geneem word nie; en
1 Dit is Old Mutual se interpretasie van die wysiging en hierdie interpretasie moet nog deur die SA Inkomstediens bevestig word.
5
• Die totale waarde van eiendom vir die bepaling van die R30 miljoen-drempel word bereken na
aftrekking van enige vrystellings waarvoor artikel 56 van die Inkomstebelastingwet voorsiening
maak; en
• Waar die skenker die drempel van R30 miljoen oorskry het, sal alle skenkings daarna teen ’n
koers van 25% belas word.
4. Kapitaalwinsbelasting
Insluitingskoerse vir kapitaalwins bly onveranderd en is soos volg:
• Individue en spesiale trusts: 40%
• Maatskappye: 80%
• Trusts (behalwe spesiale trusts): 80%
Die effektiewe kapitaalwinsbelastingkoerse is soos volg:
• Individue en spesiale trusts: ‘n maksimum koers van18%
• Trusts: 36%
• Maatskappye: 22.4%
Die jaarlikse uitsluiting vir individue bly R40 000, en R300 000 in die jaar van afsterwe.
5. Rentevrystelling
Die vrystellingsdrempels vir rente bly soos volg:
• R23 800 per jaar vir belastingbetalers wat jonger as 65 is; en
• R34 500 per jaar vir belastingbetalers van 65 jaar en ouer.
6. Dividendterughoubelasting
Die plaaslike dividendterughoubelastingkoers bly onveranderd op 20%.
7. Belasting van klein sakeondernemings
Die belastingkoerse vir klein sakeondernemings (met bruto inkomste van hoogstens R20 miljoen)
met finansiële jare wat op enige datum tussen 1 April 2020 en 31 Maart 2021 eindig, is soos volg:
Belastingtabel van toepassing op klein sakeondernemings
Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R)
1– 83 100 0% van belasbare inkomste
83 101 - 365 000 7% van belasbare inkomste bo 83 100
365 001- 550 000 19 733 + 21% van belasbare inkomste bo 365 000
550 001 en meer 58 583+ 28% van belasbare inkomste bo 550 000
6
Die belastingkoerse vir mikro-ondernemings (met ’n omset van hoogstens R1 miljoen per
jaar) met finansiële jare wat op enige datum tussen 1 Maart 2020 en 28 Februarie 2021
eindig, is soos volg:
Belastingtabel van toepassing op omset van mikro-ondernemings
Belasbare omset (R) Belastingkoers (R)
1 - 335 000 0% van belasbare omset
335 001 - 500 000 1% van belasbare omset bo 335 000
500 001 - 750 000 1 650 + 2% van belasbare omset bo 500 000
750 001 en meer 6 650 + 3% van belasbare omset bo 750 000
8. Hereregte
Die voorgestelde wysigings aan koerse vir hereregte is soos volg:
Hereregtekoerse Waarde van eiendom (R) Belastingkoers (R)
0 – 1 000 000 0% van eiendomswaarde
1 000 001 – 1 375 000 3% van eiendomswaarde bo 1 000 000
1375 001 – 1 925 000 11 250 + 6% van eiendomswaarde bo 1 375 000
1 925 001 – 2 475 000 44 250 + 8% van eiendomswaarde bo 1 925 000
2 475 001 – 11 000 000 88 250 + 11% van eiendomswaarde bo 2 475 000
11 000 001 en meer 1 026 000 + 13% van eiendomswaarde bo 11 000 000
9. Mediese belastingkrediete Die aanvanklike maandelikse belastingkrediet (vir bydraes tot mediese skemas) vir alle
belastingbetalers word verhoog tot:
• R319 vir ’n belastingbetaler;
• R638 vir ’n belastingbetaler en sy of haar eerste afhanklike;
• R215 vir elke addisionele afhanklike.
Vir belastingbetalers wat jonger as 65 is, sal ’n addisionele belastingkrediet toegestaan word teen
’n bedrag gelyk aan 25% van die somtotaal van:
• die bedrag waarmee hul bydrae vier keer hul belastingkrediet (vir bydraes) oorskry, plus
• uitgawes uit hul eie sak bo 7.5% van hul belasbare inkomste (enige aftreefonds-
enkelbedragvoordeel, aftreefonds-enkelbedragonttrekkingsvoordeel en skeidingsvoordeel
uitgesluit).
7
Vir belastingbetalers wat 65 of ouer is, of wat gestrem is of gestremde afhanklikes het, sal ’n
addisionele belastingkrediet toegestaan word teen ’n bedrag gelyk aan die somtotaal van:
• 33.3% van die bedrag waarmee hul bydrae drie keer hul belastingkrediet (vir bydraes) oorskry,
plus
• 33.3% van uitgawes uit hul eie sak.
Die addisionele belastingkrediet wat aan werknemers van 65 jaar en ouer ten opsigte van hul
bydraes tot mediese skemas toegestaan word, kan ook in die maandelikse LBS-berekenings in ag
geneem word. Hierdie fasiliteit word ook aan voorlopige belastingbetalers van 65 jaar en ouer
toegestaan.
10. Belastingvrye spaarrekeninge • Bydraes is tans onderhewig aan ’n jaarlikse perk van R33 000 en ’n leeftydperk van R500 000.
Die Tesourie se voorstel is om die jaarlikse bydraeperk met R3 000 tot R36 000 te verhoog vanaf
1 Maart 2020.
• Beleggingsopbrengste, groei en uitbetalings ten opsigte daarvan is belastingvry.
• Enige bydrae bo hierdie perke sal teen ’n koers van 40% belas word.
11. Aftreehervormings
Wysigingswet op Belastingwette, 2019-hervormings Belyning van die effektiewe datum vir belastingvrye oordragte tussen aftreefondse met die effektiewe datum vir annuïtisering van voorsorgfondse • Vanaf 1 Maart 2021 sal afgetredenes van voorsorg- en voorsorgbewaringsfondse verplig wees
om twee derdes van hul aftreevoordele te annuïtiseer (onderhewig aan die de minimus-
bepalings en sekere bepalings oor gevestigde regte).
• Die Tweede Bylae by die Inkomstebelastingwet van 1962 het sake vooruitgeloop en onbedoeld
voorsiening gemaak vir belastingvrye oordragte vanaf, onder andere, pensioen- na
voorsorgfondse met ingang van 1 Maart 2019, terwyl hierdie toegewing eers in werking moes
tree op die datum waarop afgetredenes van voorsorg- en voorsorgbewaringsfondse verplig sal
wees om hul aftreefondsvoordele te annuïtiseer.
• Die Wet bepaal dus nou dat die effektiewe datum vir sulke belastingvrye oordragte uitgestel
word van 1 Maart 2019 tot 1 Maart 2021.
Uitbreiding van die vrystelling met betrekking tot onafgetrekte bydraes tot verpligte annuïteite wat met voorsorg- of voorsorgbewaringsfondsvoordele gekoop is • Artikel 10C van die Inkomstebelastingwet maak tans voorsiening vir die vrystelling van die res
van ’n lid se onafgetrekte bydraes tot hul aftrede teen bruto inkomste ten aansien van die
annuïteitbetalings afkomstig van “verpligte annuïteite” wat ten opsigte van die lid gekoop is.
• “Verpligte annuïteite” word in die artikel omskryf as annuïteite wat met pensioen-,
pensioenbewarings- en uittredingannuïteitsfonds-voordele gekoop is.
• Die benaming “konvensie” het van “verpligte annuïteite” na “kwalifiserende annuïteite”
verander in hierdie verband.
8
• Vanaf 1 Maart 2020 word die omskrywing van “kwalifiserende annuïteite” in die artikel uitgebrei
om ook annuïteite in te sluit wat met voorsorg- en voorsorgbewaringsfonds-voordele gekoop is.
Aanpassing van die belastinghantering van annuïteite om belastingskuld by aanslag te beperk • Wanneer ’n persoon wat ’n annuïteit van ’n aftreefonds of ’n versekeraar ontvang2 ook
werksaam is en ’n salaris kry, sal die SA Inkomstediens die annuïteitbedrag vir aanslagdoeleindes
by hul salaris voeg om die persoon se korrekte belastingaanspreeklikheid te bepaal.
• In baie gevalle voorsien die annuïtant nie die bykomende belastingaanspreeklikheid wat
ontstaan omdat die addisionele inkomste hulle in ’n hoër belastingkerf laat beland nie.
• Daar word voorgestel dat, by aansoek deur die annuïteitverskaffer en volgens die aanwysing
van die Kommissaris, die belastingkortings/-aftrekkings van toepassing op die annuïtant nie deur
die aftreefonds of versekeraar wat die annuïteit verskaf, in ag geneem moet word met die
berekening van die maandelikse belasting wat ten opsigte van die annuïteit aan die SA
Inkomstediens verskuldig is nie.
• Dit is om die kontantvloei-las op die annuïtant-belastingbetaler tydens hul jaarlikse
belastingaanslag te verhoed. Indien te veel belasting as gevolg van voormelde betaal is, sal
die surplus by aanslag terugbetaal word.
• Hierdie wysiging geld vanaf 1 Maart 2021.
Ander aftreefonds-verwante hervormings waarna in die Begroting verwys is Verduideliking van aftrekkings ten opsigte van bydraes tot aftreefondse Streng gesproke mag slegs onafgetrekte bydraes deur lede (teenoor dié wat deur werkgewers
gelewer is) gebruik word om die belasbare bedrag van aftreefonds-enkelbedrae te verminder.
Daar word voorgestel dat hierdie toegewing ook ten opsigte van werkgewerbydraes moet geld.
Onttrekking van aftreefondse by emigrasie Individue kan tans vir valutabeheerdoeleindes deur die Reserwebank fondse uit hul
pensioenbewaringsfonds, voorsorgbewaringsfonds en uittredingannuïteitsfonds onttrek wanneer
hulle emigreer. Die Tesourie stel ’n herstrukturering van die emigrasiekonsep voor. Die huidige
emigrasievereistes sal uitgefaseer word. Daar word voorgestel dat die basis vir individue om
hierdie fondse te onttrek, hersien word.
Onopgeëiste voordele, aftreefondse en die Voogdyfonds Hierdie fondse kan soms nie begunstigdes opspoor nie, wat meebring dat die geld onopgeëis
bly. Die geld word in staatseffekte en ander instrumente belê. Hierdie beleggings word oorweeg
in die mobilisering van befondsing vir infrastruktuur. Die regering sal later vanjaar wetgewing instel
om sulke fondse te sentraliseer en ’n sentrale register van alle lede van aftreefondse op te stel.
2 Die werklike bewoording beperk dit tot annuïteite soos beoog in artikel 10A(1), wat skynbaar ’n fout is, omdat
daar geen rede is om GN 18-annuïteite (d.i. annuïteite wat met aftreegeld uit aftreefondse gekoop word) van hierdie bepaling uit te sluit nie.
9
Aftreefondshervormings Die regering en die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (NEDLAC) het
ooreengekom om voort te gaan met aftreehervormings in verband met die harmonisering van
alle aftreevoordele, insluitend voorsorgfondse3.
In hierdie verband sal die regering stappe doen om te verseker dat annuïteitprodukte ontwikkel
word wat meer geskik is vir die lae-inkomstemark (voorsorgfondsmark).
Verdere hervormings sluit die verbetering van toesig en bestuurstoesig oor kommersiële
sambreelfondse in, asook die konsolidasie van fondse en outomatiese aansluiting.
Verdere deurlopende of komende hervormings: • Om alle openbare aftreefondse binne dieselfde regulatiewe raamwerk te plaas as privaat
fondse;
• Rasionalisering van die aantal fondse, sodat slegs die kostedoeltreffende fondse oorbly;
• Vereenvoudiging en vermindering van die koste van aftreefondsprodukte;
• Die “verstekregulasie”-hervormings het op 1 Maart 2019 in werking getree en die uitstaande
konsep-gedragstandaarde met betrekking tot verstek-leeftydannuïteite en verstek reëlmatige
bonus-beleggingsportefeuljes word tans gefinaliseer.
12. “Sondebelasting” en heffings
Die volgende verhogings word voorgestel:
• Belasting op ’n pakkie van 20 sigarette styg met: 74c
• Belasting op ’n blikkie bier (340 ml) styg met: 8c
• Belasting op 750 ml gefortifiseerde wyn styg met: 14c
• Belasting op 750 ml spiritualieë styg met: R2.89
Die regering stel voor dat die algemene brandstofheffing vanaf 1 April 2020 met 16c per liter
verhoog word, en die Padongelukfondsheffing met 9c per liter, ook vanaf 1 April 2020.
Die regering beoog om elektroniese sigarette vanaf 2021 te belas. Verhitte tabakprodukte word
onmiddellik belas teen 75% van die belasting op sigarette.
13. Ander voorstelle
Inkomstebelastingvrystelling van buitelandse vergoeding vir Suid-Afrikaners
Die Inkomstebelastingwet is gewysig om te bepaal dat Suid-Afrikaanse inwoners wat meer as 183
dae per jaar in die buiteland werk (waarvan minstens 60 dae aaneenlopend is), vanaf 1 Maart
2020 aan Suid-Afrikaanse belasting onderhewig sal wees op buitelandse vergoeding bo
3 Daar word aanvaar dat dit ’n verwysing is na die annuïtisering vir voorsorg- en voorsorgbewaringsfondse wat op
1 Maart 2021 in werking tree.
10
R1 miljoen. Daar word voorgestel dat hierdie vrystelling met R250 000 tot R1 250 000 verhoog word
vanaf 1 Maart 2020.
Hervormings in die finansiële sektor
Die Wetsontwerp op die Gedrag van Finansiële Instellings en die Kleinhandelsdistribusie-oorsig Die Wetsontwerp op die Gedrag van Finansiële Instellings is in 2018 uitgereik vir openbare
oorlegpleging. Openbare werksessies is gedurende 2019 gehou. Kommentaar van meer as 800
bladsye is ontvang, waaronder terugvoer oor bestuurstoesig-vereistes, aftreefondse,
betaaldienste, finansiële markte en groothandelsbanksake. ’n Hersiene konsepwetsontwerp sal
vir openbare oorlegpleging uitgereik word en in 2020 in die Parlement ter tafel gelê word.
Die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor (FSCA) het in Desember 2019 ’n verslag oor sy
Kleinhandelsdistribusie-oorsig (RDR) uitgereik. Die verslag dui op vordering met implementering,
wat vereistes stel vir produkverkope en deurlopende steun aan die verbruiker, en ’n einde bring
aan die “aansluitingsbonusse” wat in die finansiële diensbedryf betaal word.
Wetgewing oor finansiële markte Binne die konteks van vinnig ontwikkelende finansiële markte, is dit nodig dat Suid-Afrika sy
wetgewende en regulatiewe raamwerk aanpas. ’n Omvattende ontleding van die Wet op
Finansiële Markte het leemtes in die huidige raamwerk aan die lig gebring en veranderings is
voorgestel. Die Nasionale Tesourie het met markdeelnemers, die Voorsorgowerheid en die FSCA
oorleg gepleeg. ’n Konsultasiedokument sal op die Nasionale Tesourie se webwerf gepubliseer
word, en wetgewing sal vir openbare kommentaar opgestel en teen 2021 in die Parlement ter
tafel gelê word.
Die Wetsontwerp op Heffings in die Finansiële Sektor wat gedurende 2020 aan die Parlement
voorgelê sal word, stel die invordering van heffings voor om te verseker dat die Voorsorgowerheid,
die FSCA en Ombuds met genoeg bronne toegerus is om hul pligte uit te voer.
Transformasie en finansiële insluiting Die Transformasieraad van die Finansiële Sektor het agt subkomitees in die lewe geroep om die
teikens in die Finansiële Sektorkode te hersien en sterker transformasie van die finansiële sektor
teweeg te bring. Tot dusver het die komitees teikens vir bestuursbeheer,
vaardigheidsontwikkeling, maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling, verbruikersvoorligting en
aftreefondse opgestel. ’n Dokument om ’n beleidsraamwerk vir finansiële insluiting in Suid-Afrika
te skep, sal in 2020 vir openbare kommentaar uitgereik word.
Staatsbank In 2019 het die Parlement wetgewing goedgekeur wat maatskappye in staatsbesit toelaat om
aansoek te doen om banklisensies. Postbank is tans besig met ’n aansoek om so ’n lisensie. Die
besluit om ’n lisensie toe te staan, berus uiteindelik by die Voorsorgowerheid, wat elke aansoeker
na verdienste sal beoordeel. Die ontwerp van enige staatsbank sal die fiskus beskerm in die geval
van swak bestuurstoesig, lenings wat nie presteer nie, of tekorte aan kapitaalbefondsing.
11
Soewereine welstandsfonds Die Nasionale Tesourie doen tans ’n uitvoerbaarheidstudie vir ’n welstandsfonds, wat moontlik
befonds kan word uit die opbrengste van spektrumtoewysings en die verkoop van nie-kernbates
om kapitaal te befonds. Verder kan fiskale reëls wat fiskale surplusse in die fonds bewaar, help
om wisselvallige inkomste te bestuur.
Korporatiewe belasting Om ekonomiese groei te bevorder, beoog die regering om die korporatiewe
inkomstebelastingstelsel oor die medium termyn te herstruktureer, deur die basis te verbreed en
die koers te verminder. In teenstelling met baie ander lande, het Suid-Afrika se korporatiewe
inkomstebelastingkoers meer as ’n dekade lank onveranderd gebly op 28%. Namate die gaping
tussen ons en ons handels- en beleggingsvennote groter word, neem die land se relatiewe
mededingendheid af. Indië, die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk het almal onlangs
hul korporatiewe inkomstebelastingkoers tot onder 28% verlaag. Die verlaging van die
korporatiewe inkomstebelastingkoers sal besighede aanmoedig om te belê en produksie uit te
brei, dit sal die land se mededingendheid as ’n beleggingsbestemming verbeter, en dit sal die
aantreklikheid van basis-erosie en winsneming verminder.
Valutabeheer Individue wat meer as R10 miljoen na die buiteland neem, sal aan ’n strenger verifiëringsproses
onderwerp word. Sulke oordragte sal ook aan ’n risikobestuurstoets onderwerp word, wat die
sertifisering van belastingstatus en die bron van fondse insluit, asook gerusstelling dat die individu
aan regulasies teen geldwassery en die finansiering van terreur, soos voorgeskryf in die Wet op
die Finansiële Intelligensiesentrum (2001), voldoen. Dit sal teen 1 Maart 2021 ingefaseer wees.
Waagkapitaal Die belastingaansporing vir waagkapitaalmaatskappye het ’n oorgangsklousule van 30 Junie
2021. Die regering sal die doeltreffendheid, impak en rol van hierdie stelsel ondersoek om te
bepaal of die aansporing beëindig moet word.
Gevolgtrekking Soos die vorige drie Begrotings, probeer vanjaar se Begroting weer eens om verskillende en
uiteenlopende agendas en ekonomiese werklikhede aan te pak. Die Minister het ’n gedugte taak
gehad, teen die agtergrond van laer belastinginkomste, gebrekkige groei en selfs nog meer
finansiële verpligtinge.
Die Minister het die behoefte aan mededingendheid beklemtoon.
Ekonomiese strategie is gegrond op die dokument getiteld “The economic strategy for South
Africa”, wat die volgende behels:
• Versterking van die makro-ekonomiese raamwerk om sekerheid, deursigtigheid en laer
leenkoste te verkry
• Besteding wat toegespits word op onderwys, gesondheid en maatskaplike ontwikkeling
• Modernisering van netwerkbedrywe en herstrukturering van ons staatsondernemings
12
• Ontsluiting van markte vir handel met die res van die vasteland
• Implementering van ’n herskepte nywerheidstrategie
• Verlaging van die koste om sake te doen
• Fokus op werkskeppingsektore, soos landbou en toerisme
Met ander woorde, om ’n doeltreffende en bekwame staat te skep.
’n Bemoedigende kenmerk van vanjaar se Begroting is die feit dat daar geen beduidende
belastingverhogings is nie – trouens, heelwat belastingverligting is aan persoonlike
belastingbetalers toegestaan, deur aanpassings bo die inflasiekoers aan die marginale
belastingtabelle. Persone wat ’n lae inkomste verdien, sal meer hierby baat vind as persone met
’n hoë inkomste.
Belastingbetalers moet egter kennis neem van die sterk tema om alle gefokusde belasting
aftrekkings en vrystellings te beperk. Dit is vanselfsprekend dat individuele belastingbetalers hul
swaar verdiende geld op ’n belastingdoeltreffende wyse moet belê. In hierdie verband bly die
belastingdoeltreffende voordele van aftreefondse en belastingvrye spaarrekeninge ’n groot
bate, en laasgenoemde bied nou selfs nog ’n groter voordeel. Dit sou roekeloos wees om die
ingewikkelde regulatiewe en beleggingsomgewing sonder finansiële advies te probeer aandurf.
Boonop kan bategroei ’n groter aanspreeklikheid vir boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting
meebring, al bly boedelbelastingkoerse onveranderd. Die belangrikheid van ’n bygewerkte
boedelplan moet dus nie onderskat word nie.
Die Minister het weer eens plante as metafoor gebruik, deur die Suid-Afrikaanse ekonomie met
die bitteraalwyn te vergelyk, wat volgens hom in moeilike omstandighede oorleef en gedy. “Dit
hou eintlik van min water. Dis ’n bittereinder wat die taaiste toestande oorwin.” Hy het bygevoeg
dat die aalwyn die lang droë seisoen kan trotseer, omdat dit onsentimenteel is. “Dit raak ontslae
van dooiegewig, om al hoe skaarser hulpbronne op jong en lewenskragtige dele toe te spits.”
Dít was die temas vir sy visie van hoe Suid-Afrika hier sowel as in die internasionale arena kan
“wen”. Met die oog hierop, het hy sy begroting daarop toegespits om op onsentimentele wyse
van dooiegewig ontslae te raak en wengedrag aan te moedig.
“Suid-Afrika, dit is vir jou – as ons saamwerk en elke dag streef om beter te wees, kan ons enigiets
bereik." – Siya Kolisi.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT DIE INLIGTING IN HIERDIE OMSENDBRIEF BERUS OP VOORSTELLE SOOS VERVAT IN DIE NASIONALE BEGROTINGSREDE WAT OP 26 FEBRUARIE 2020 IN DIE PARLEMENT GELEWER IS. DIT BLY VOORSTELLE TOTDAT DIE VOORSTELLE FORMEEL IN WETGEWING UITGEVAARDIG WORD.
13
Inkomstebelasting-berekeningsprogram
Om u maandelikse inkomstebelasting te bereken en dit met verlede jaar s’n te vergelyk, kan u
Old Mutual se inkomstebelasting-berekeningsprogram (Income Tax Calculator) gebruik, wat
bygewerk is om ook die belastingwysigings van toepassing op aftreefondse in te sluit. U sal dus
die voordele van die aftreehervormings ten opsigte van u inkomstebelasting kan sien.
Hierdie berekeningsprogram neem u maandelikse inkomste, aftreebydraes, bedrae vir mediese
uitgawes en u werkgewer se bydrae tot risikovoordele en aftreefondse in ag. Klik net op die
volgende skakel om by die program uit te kom:
https://www.oldmutual.co.za/markets/south-african-budget/income-tax-calculator
Saamgestel deur: Personal Finance Legal & Product Legal Datum: 26 Februarie 2020 Gesels met u Old Mutual Finansiële Adviseur of u Makelaar. www.oldmutual.co.za