23
1 Koshuisbeleide en reëls 2014 Koshuisbeleid en reëls A. Koshuisbeleid. Inleiding Die beleid is opgestel ooreenkomstig die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (’die Skolewet’); die Norme en Standaarde vair Skoolfinansiering, en toepaslike provinsiale wetgewing. Algemeen Daar word van alle inwoners verwag om die koshuisbeleid en –reëls te ken en na te volg. ‘n Afskrif daarvan sal op die koshuis se kennisgewingbord vertoon word. Elke skoolgaande koshuisinwoner is, buiten hierdie koshuisbeleid en –reëls, ook gebonde aan die skool se gedragskode vir leerders. Toelating Toelating tot die skool impliseer nie automaties toelating tot die koshuis nie. Daar bestaan geen grondwetlike reg op koshuisinwoning nie. Uitsluitlik die beheerliggaam reguleer en beheer toelating tot koshuise. Aansoek om toelating tot die koshuis moet saam met aansoek om toelating tot die skool geskied, tensy die beheerliggaam ander besluit. Die beheerliggaam behou hom die reg van koshuistoegang voor. Losiesgeld ‘n Deposito is betaalbaar sodra die beheerliggaam die leerder se aansoek om toelating tot die koshuis goedgekeur en bevestig het. Die deposito is terugbetaalbaar aan die einde van die leerder se verblyf, na alle nodige en redelike aftrekkings vir enige skade wat die leerder kon veroorsaak het. Elke koshuisouer is verantwoordelik vir die volle bedrag losiesgeld. Losiesgeld is maandeliks vooruitbetaalbaar, of soos skriftelik met die beheerliggaam ooreengekom. Leerders mag in die koshuis aanbly slegs indien hulle koshuisgeld op datum betaal is.

Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

1

Koshuisbeleide en reëls 2014

Koshuisbeleid en reëls

A. Koshuisbeleid.

Inleiding

Die beleid is opgestel ooreenkomstig die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van

Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (’die Skolewet’); die

Norme en Standaarde vair Skoolfinansiering, en toepaslike provinsiale wetgewing.

Algemeen

� Daar word van alle inwoners verwag om die koshuisbeleid en –reëls te ken en na te volg. ‘n

Afskrif daarvan sal op die koshuis se kennisgewingbord vertoon word.

� Elke skoolgaande koshuisinwoner is, buiten hierdie koshuisbeleid en –reëls, ook gebonde aan die

skool se gedragskode vir leerders.

Toelating

� Toelating tot die skool impliseer nie automaties toelating tot die koshuis nie. Daar bestaan

geen grondwetlike reg op koshuisinwoning nie.

� Uitsluitlik die beheerliggaam reguleer en beheer toelating tot koshuise.

� Aansoek om toelating tot die koshuis moet saam met aansoek om toelating tot die skool

geskied, tensy die beheerliggaam ander besluit.

� Die beheerliggaam behou hom die reg van koshuistoegang voor.

Losiesgeld

� ‘n Deposito is betaalbaar sodra die beheerliggaam die leerder se aansoek om toelating tot die

koshuis goedgekeur en bevestig het.

� Die deposito is terugbetaalbaar aan die einde van die leerder se verblyf, na alle nodige en

redelike aftrekkings vir enige skade wat die leerder kon veroorsaak het.

� Elke koshuisouer is verantwoordelik vir die volle bedrag losiesgeld.

� Losiesgeld is maandeliks vooruitbetaalbaar, of soos skriftelik met die beheerliggaam

ooreengekom.

� Leerders mag in die koshuis aanbly slegs indien hulle koshuisgeld op datum betaal is.

Page 2: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

2

Koshuisbeleide en reëls 2014

� Koshuisinwoners moet ‘n kwartaal kennis gee indien hulle die koshuis aan die einde van ‘n

skooljaar gaan verlaat. Matrikulante word geag die koshuis aan die einde van hul matriekjaar te

verlaat. Matrikulante wat hul matriekjaar wil of moet herhaal, moet heraansoek doen om

toelating tot die koshuis.

� Alle betalings wat ter vereffing van koshuis- of verblyfgeld ontvang word, sal eerstens

aangewend word vir die betaling van enige verskuldige skoolgeld en/of losiesgeld, ongeag enige

keuse wat die betrokke betaler ten aansien van toewysing van betalings uitoefen.

Page 3: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

3

Koshuisbeleide en reëls 2014

B. Koshuisreëls

Gedragskode en dissipline

Koshuisgangers onderneem om:

� Die welvaart, eer en goeie naam van die koshuis deur gedrag en voorbeeld te bevorder en hoog

te hou.

� Hul skoolverpligtinge ter wille van hulself, hul ouers en die inrigting getrou na te kom.

� Goeie maniere en verfynde hoflikheid teenoor personeellede, dames, besoekers, medeskoliere

en algemene werkers te openbaar.

� Daar word gepoog om ‘n gelukkige, huislike atmosfeer in die koshuis te skep en dit kan alleen

gedoen word as elke kosganger hierdie gedragskode stiptelik nakom.

Voordeurdiens

� Die Graad 8 en Graad 9 leerders sal om die beurt voordiens doen.

� Voordeurdiens word in werking gestel vir die kontrollering van persone wat die koshuis betree.

� Tye van voordeurdiens sal aan die betrokke leerders deurgegee word.

Besoekers

� Alle besoekers moet by die leerder op voordeurdiens of personeellid aan diens aanmeld. Die

betrokke inwoner sal geroep word om die besoeker by die voorgeskrewe besoekersarea te

ontvang.

� Besoekers is onderworpe aan die koshuisreëls, en moet dit respekteer.

� Inwoners sal aanspreeklik gehou word vir die optrede van hulle besoekers.

� Besoekers mag nie enige koshuiskamer sonder die toestemming van die personeellid aan diens

of koshuisvader binnegaan nie.

� Geen besoeke word toegelaat tydens studietye, maaltye of stiltetye nie, behalwe as dit gereël

is met die koshuisvader of die persoon aan diens.

� Reg van toegang by die koshuis is voorbehou. Dit beteken dat die koshuisvader of die persoon

aan diens enige besoeker kan versoek, selfs die ouer of die voog, om die koshuis perseel te

verlaat, indien nodig.

Page 4: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

4

Koshuisbeleide en reëls 2014

Mediese gevalle

� Wanneer ‘n leerder in skooltyd siek word, moet skriftelike toestemming van die skoolhoof of

koshuishoof verkry word om die matrone te besoek.

� Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie.

� Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling van hulle kinders betref.

� Leerders wat siek is moet rapporteer aan die persoon aan diens, die Koshuisvader of die

Matrone sal dan die leerder se toestand ondersoek. Die skool sal in kennis gestel word dat die

betrokke leerder nie by die skool sal wees nie.

� Koshuisgangers is verantwoordelik vir hul eie mediese afsprake by dokters ens. Ouers word

ook aangemoedig om ‘n rekening te skep by ‘n nabye apteek indien mediese voorskrifte vir

kosgangers genodig word. Die Koshuisvader moet ten alle tye in kennis gestel word indien

doktersafsprake nagekom word.

� Indien ‘n kosganger sodanig siek is dat hy/sy dringende mediese aandag verg, kan die

Koshuisvader ‘n mediese beampte of ambulans ontbied vir die ouer se rekening. Die ouer/voog

sal so spoedig moontlik in kennis gestel word.

� Mediese inligting moet volledig aangedui word en ingelewer word by die Koshuisvader. Die

Koshuisvader moet skriftelik inkennis gestel word van enige chroniese medisyne wat ‘n leerder

moet gebruik.

� Alle allergië moet aan die Koshuisvader deurgegee word.

� Geen medikasie mag deur die Koshuisvader, Matrone of persoon aan diens aan enige leerder

gegee word nie.

Uitteken en Dorpstye

� Die uittekenbeleid is bedoel om die leerders en die skool en koshuis te beskerm.

� Naweke:

o Uitnaweke: gedurende ‘n uitnaweek moet alle leerders die koshuis verlaat en is dit nie

nodig om die Koshuisvader in kennis te stel nie. Indien die leerder egter nie na sy/haar

ouerhuis gaan nie, moet die ouer die Koshuisvader skriftelik in kennis stel van waar die

leerder die naweek sal bly.

Page 5: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

5

Koshuisbeleide en reëls 2014

o Opsionele naweke: hierdie naweke begin na sportaktiwiteite op Saterdae, of net na

skool op Vrydae indien geen sportaktiwiteite plaasvind nie. Ouers moet die koshuishoof,

nie later as die voorafgaande Woensdag nie, in kennis stel indien hulle hul kinders vir

die naweek sal kom haal. Sodanige kennisgewing kan skriftelik of telefonies geskied.

� Naweke gedurende eksamens is in-naweke vir inwoners. Inwoners mag dus nie gedurende

hierdie naweke huis toe gaan nie. Ekstra studietye word gedurende hierdie naweke gereël om

Leerders vir die eksamen te help voorberei.

� Vakansies: Dieselfde prosedures wat op uitnaweke van toepassing is, geld vir in- en uitteken

gedurende vakansies.

� Inteken: Leerders, saam met hul ouer(s) of die persoon wat gedurende die naweek of vakansie

vir die inwoners verantwoordelik was, meld met die inwoners se terugkeer na die koshuis by die

personeellid aan diens aan.

� Leerders mag nie die koshuisgronde sonder toestemming verlaat tensy dit binne die toegelate

dorpstye val.

� Geen leerder word toegelaat om dorp toe te gaan na aandete nie.

� Dogters moet nooit alleen buite die koshuisgronde beweeg nie.

� Dorpstye is ‘n voorreg wat te enige tyd opgeskort kan word deur die Koshuisvader of persoon

aan diens. Geen leerder het die reg om aanspraak te maak op dorpstyd nie.

� Geen leerder word toegelaat om gedurende die week by ‘n vriend(in) uit te slaap nie.

� Gedurende algemene verlof, in die week, om winkels toe te gaan, moet leerders volle skooldrag

dra.

� Uittekentye om die naweek huis toe te gaan is soos volg:

o 15:00 – 17:00

o 13:30 – 17:00 (Eksamentye)

� Dorpstye en dae is as volg:

o Dinsdae en Donderdae: 15:30 – 17:30

o Saterdae: 10:00 – 12:00 en 15:00 – 17:00

o Sondae: 10:00 – 12:00 en 16:00 – 17:00

Page 6: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

6

Koshuisbeleide en reëls 2014

Studietye

� Die volgende reëls geld gedurende studietye:

o Studietye moet streng gehoorsaam word.

o Tydens studie moet stilte heers en ‘n algemene respek vir leerders wat wil werk.

o Leerders mag nie rondloop of hulle lessenaars verlaat nie.

o Die meubels mag nie geskuif word nie.

o Leerders mag slegs met die toestemming van die toesighouer die lokaal verlaat.

o Telefoonoproepe mag slegs in noodgevalle gemaak en ontvang word.

o Alle studie op die dag moet bygewoon word, tensy anders vooraf met die persoon aan

diens of die Koshuisvader ooreengekom is.

o Geen elektroniese toerusting, of eet- en drinkery word tydens studie toegelaat nie.

Indien elektroniese toerusting gebruik word, selfone ingesluit, sal dit gekonfiskeer

word en aan die Koshuisvader oorhandig word.

o Matrieks mag in hul sitkamers studeer of in die sitkamers (afhangende van die

Koshuisvader). Die kamerdeure moet oop wees en hy/sy moet werk by ‘n lessenaar.

Indien hul misbruik maak van hierdie voorreg sal so ‘n persoon vir die res van die

betrokke kwartaal in die studiesaal saam met die res van die koshuisgangers studeer.

o Leerders wat saans na amptelike studietyd wil studeer moet toestemming verkry van

die persoon aan diens. Laatstudie mag slegs in die studiesaal plaasvind en mag nooit

later as 23:00 duur nie.

o Die studiesaal moet na afloop van studietyd netjies agtergelaat word en elke kosganger

moet seker maak dat dit skoon is waar hy/sy gewerk het. Alle tafels en stoele moet ook

netjies op hul plekke terug gepak word.

o Leerders sal volgens ‘n sitplekplan gedurende studietye sit.

Page 7: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

7

Koshuisbeleide en reëls 2014

� Studietye is soos volg:

Gedurende kwartaal voor eksamen (in die week):

Aandstudie 1: 19:00 – 20:00

Aandstudie 2: 20:20 – 21:20

Gedurende kwartaal, eksamentyd (in die week):

Middagstudie: 16:30 – 17:30

Aandstudie 1: 19:00 – 20:00

Aandstudie 2: 20:20 – 21:20

Sondae of die dag voor die skoolweek (vakansiedag)

Aandstudie: 20:10-21:10

Studietye tydens die eksamen (Saterdag en Sondag):

Saterdag Sondag

Oggendstudie: 10:00 – 11:00 Oggendstudie: 11:00 – 12:00

Middagstudie: 14:00 – 15:00 Aandstudie 1: 18:30 – 19:30

Aandstudie: 18:30 - 19:30 Aandstudie 2: 20:10 - 21:10

Maaltye

� Etenstye is soos volg:

Weeksdae Naweke en publieke vakansiedae

Ontbyt: 06:45 – 07:10 Ontbyt: 08:30 – 08:55

Middagete: 14:45 – 15:10 Middagete: 12:30-12:55

Aandete: 18:00 – 18:25 Aandete: 17:30-17:55

� Die koshuisleiers en personeellid aan diens is verantwoordelik vir dissipline in die eetsaal. Geen

geraas of onvanpaste gedrag sal in die eetsaal toegelaat word nie.

� Leerders moet die eetsaal stil en ordentlik binnegaan.

� Geen inwoner mag om enige rede van ‘n ete ontneem word nie.

Page 8: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

8

Koshuisbeleide en reëls 2014

� Geen inwoner mag gedwing word om enigeiets teen sy/haar sin te eet of te drink nie.

� Inwoners moet na elke ete die tafels afdek. Die borde en messegoed moet in die bestemde

houers gepak word.

� Geen kos, borde, messegoed, glase of enige ander kombuisware mag uit die eetsaal verwyder

word nie.

� Indien ‘n leerder nie ‘n ete kan bywoon nie of gaan laat kom vir ‘n ete, moet hy/sy die

personeellid aan diens vroegtydig inlig. Indien ‘n leerder ‘n ete wil laat uithou as gevolg van

skoolverpligtinge, moet dit op die daaglikse ‘uithou’ bord in die kombuis aangedui word.

� Alle leerders moet by maaltye teenwoordig wees.

� Leerders wat naweke gaan inbly, moet hul name Donderdag-oggend op die naweek se etelyste

aanbring. Leerders wie se name op die naweek-etelyste verskyn, moet teenwoordig wees soos

aangedui tensy anders gereël.

� Leerders moet ten alle tye skaflik geklee wees by etes. Kaalvoete en slaapklere is verbode.

Gedurende die week moet alle leerders tydens ontbyt in volle skooldrag geklee wees.

Selfoon en ander elektroniese apparaat

� Selfone of enige ander elektroniese apparaat word op eie risiko in die koshuis ingebring.

� Geen oproepe mag gedurende etenstye, studietye en ligte-uit ontvang of gemaak word nie.

� Alle selfone moet met ligte-uit afgeskakel word.

� ‘n Leerder se selfoon mag van hom/haar weggeneem word indien hy/sy nie die reëls

gehoorsaam nie.

� Sien Bylaag ‘Beleid t.o.v. selfone & ander elektroniese apparaat’

Wasgoed

� Elke leerder se klere moet duidelik gemerk wees.

� Elke leerder is persoonlik daarvoor verantwoordelik om sy/haar wasgoed waskamer toe te vat

en weer af te haal.

� Wasgoed wat vir langer as 24 uur in die waskamer gelaat word, sal verwyder word.

Page 9: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

9

Koshuisbeleide en reëls 2014

� Geen leerder mag ‘n ander leerder se wasgoed sonder die nodige toestemming afhaal nie.

� Leerders moet toesien dat hulle beddegoed op ‘n gereelde basis gewas word.

Breekskade

� Breekskade moet onmiddelik by die betrokke personeellid of koshuisleier aangemeld word.

� Die koshuiseiendom (geboue, terrein, ens) moet ten alle tye gerespekteer en opgeas word.

Geen vandalisme van enige aard sal geduld word nie, en opsetlike skade van enige aard word in

‘n ernstige lig beskou en kan selfs tot permanente skorsing lei by skuldigbevinding.

� Einge skade, deur ‘n kosganger aangerig, se herstelkoste sal direk van die betrokke leerder se

ouers/voogde verhaal word.

� Leerders word geldelik aanspreeklik gehou vir die bed, matras, matrasoortreksel, kas en ander

meubelment asook die kamer wat aan hom/haar toegesê is. Dit geld ook vir ruite of enige ander

toerusting wat gebreek mag word.

Ligte-uit, opstaantyd en stiltetyd

� Ligte-uit is om 22:00, en sal deur ‘n klok aangedui word. Geen leerder mag binne 30 minute na

ligte-uit sy/haar bed verlaat nie.

� Stilte moet na die lui van die ligte-uit-klok gehandhaaf word. Alle radio’s en selfone moet

afgesit word.

� Opstaantyd is om 06:00 wat ook deur ‘n klok aangedui sal word, wanneer inwoners onmiddelik

moet opstaan.

� Leerders mag slegs met die toestemming van die koshuisvader of personeellid aan diens voor

die lui van die oggendklok opstaan.

� Leerders kan by die koshuisvader toestemming vra vir ekstra studietyd soggens en/of saans.

Die koshuisvader kan toestemming weier indien hy/sy reken dat die betrokke inwoner nie die

gewone studietyd ten volle benut het nie.

� By ligte-uit mag geen kamerdeur gesluit word nie.

� Tydens stiltetye moet die kamerdeure oop wees en leerders moet stil wees.

Page 10: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

10

Koshuisbeleide en reëls 2014

Koshuisleiers

� Die koshuis kies sy eie koshuisleiers. Vir hierdie doeleinde moet die inwoners jaarliks aan ‘n

demokratiese verkiesing deelneem.

� Koshuisleiers is verantwoordelik vir algemene koshuisdissipline, en moet die koshuisvader en

ander personeel met die handhawing van dissipline bystaan.

� Koshuisleiers moet ten alle tye ‘n voorbeeld wees vir die res van die koshuisleerders, nie net by

die koshuis nie maar by die skool ook en in alle aspekte van hulle lewe.

Persoonlike besittings/eiendom

� Die koshuispersoneel of die beheerliggaam aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verlies of

skade van persoonlike besittings of eiendom nie.

� Sakgeld kan by die koshuisvader ingehandig word en op vaste tye getrek word.

� Elke leerder is verantwoordelik daarvoor om sy/haar kas gesluit te hou. Elke leerder moet dus

sy/haar eie slot voorsien en kan ‘n ekstra skeutel by die kantoor inhandig om in die kluis te

bewaar.

� Alle elektroniese instrumente insluitende skootrekenaars, radios, selfone (sien selfoonbeleid),

oorfone, MP3-spelers, I Pods, ens. word toegelaat maar word beskou as ‘n voorreg en kan op

enige stadium konfiskeer word indien dit ‘n steurnis is. Gekonfiskeerde items sal in veilige

bewaring aangehou word.

Kamers

� Privaatheid binne kamers is belangrik en geen persoon mag onregmatig in ‘n ander se kamer

wees nie.

� Geen seuns word in die dogterskamers toegelaat nie en geen dogters in die seunskamers.

Hierdie is baie belangrik en oortreding van hierdie reël kan lei tot skorsing indien skuldig

bevind word.

� Ketels of enige element toerusting (insluitende verwarmers), vuurhoudjies, aanstekers en

kerse is ten strengste verbode. Bogenoemde hou ten alle tye ‘n brandgevaar in en kan lei tot

skade en lewensverlies. Dit word ten strengste verbied a.g.v. versekeringsdoeleindes.

� Alle tasse (koffers/sake) moet na ‘n naweek of vakansie leeggemaak en uitgepak word. Hierdie

item moet netjies bo-op die kas geplaas word. Tasse (koffers/sake) mag onder geen

omstandighede onder die bed gehou word nie.

Page 11: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

11

Koshuisbeleide en reëls 2014

� Geen slaapsakke word toegelaat nie.

� Leerders moet ten alle tye hul kamers netjies hou. Daar mag geen klere, skoene, eetgerei of

beddegoed ens. in die kamer op die kaste, lessenaars, tafels, vensterbanke of op die vloere

rondlê nie. Sodanige artikels sal geskut word en teen ‘n bedrag van R5.00 per artikel tesame

met ‘n kwitansie aan die eienaar terugbesorg word. Daardie fondse sal in die koshuisrekening

inbetaal word tot voordeel van die koshuis.

� Leerders moet soggens en saans voor inspeksie hul vullisdrommetjie leegmaak.

� Slegs een persoon per bed word toegelaat. Geen twee persone mag ‘n bed deel nie.

� Saans moet alle gordyne toegetrek wees.

� Geen gesprekke word deur vensters toegelaat nie.

� Geen “presstick” (wondergom), kleeflint, spykers, drukspykers of enige ander kleefmiddels op

op die mure, deure (sien laasgenoemde) of meubels gebruik word nie. Geen prente mag teen die

mure geplak word nie. Sodanige prente ens. sal summier verwyder word. Enige skade sal van die

ouer / voog van die betrokke leerder verhaal word. Wondergom kan gebruik word om prente

teen die kasdeure te plak.

Badkamers

� Geen leerder mag saam bad of stort nie.

� Die badkamer moet altyd netjies, skoon en higiënies gelos word. Rommelstrooi is verbode.

� Leerders mag slegs stort of bad in die toegelaate storttye. Tye is as volg:

Maandag tot Vrydag:

Oggend: 06:00 – 06:30

Saans: 18:25 – 18:50 en

21:20 – 21:30 (slegs leerders wat laat teruggekom het van ‘n skool

aktiwiteit)

Saterdag en Sondag (Publieke vakansiedae):

Oggend: 08:00 – 08:25

Aand: 18:30 – 19:00

Page 12: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

12

Koshuisbeleide en reëls 2014

Naweke

� Daar is elke kwartaal twee uitnaweke. ‘n Langnaweek is vanselfsprekend ‘n uitnaweek, tensy

voor of tydens ‘n eksamen. Leerders sal vroegtydig verwittig word van ‘n uitnaweek sadat hulle

reëlings kan tref.

� Leerders teken Donderdae in of uit vir hul etes van die naweek. As ‘n leerder vir die naweek

ingeteken het moet die leerder vir die hele naweek in die koshuis bly. Die leerders wat aan

sport deelneem oor die naweek moet hul kospakkies reël vir die betrokke etes wat hulle nie by

die koshuis gaan wees nie.

� Kosgangers wat van vêr kom en nie elke naweek kan huis toe gaan nie se ouers moet die

Koshuisvader kontak indien hul kinders uitgaan na maats of selfs daar oorbly. Geen leerder mag

die gronde verlaat as bogenoemde reëlings nie getref is nie.

� Naweektyd word beskou as 17:30 op ‘n Vrydag tot 20:00 op ‘n Sondag. Leerders wat uit was

oor ‘n naweek mag nie later as 20:00 terugkeer op ‘n Sondag of die dag voor die skool begin (in

die geval van ‘n lang naweek) of na ‘n vakansie nie. Sondae, of die dag voor dit weer skool is sal

daar ‘rollcall’ gehou word en die studie volg direk daarna.

� Geen leerder wat uitgeteken het vir die naweek word gedurende die naweek op die

koshuisgronde toegelaat nie.

� Ouers/voogde moet persoonlik hul kinders by die diens personeel uitteken wanneer hulle

hom/haar uit die koshuis neem. ‘n Ander persoon mag slegs die kosganger neem indien die ouer

skriftelik toestemming gee soos reeds aangedui. Betrokke partye moet dan ook persoonlik die

kosganger uitteken.

� Leerders sal geleetheid gegee word om saam met die persoon aan diens of die koshuisvader na

Durbanville Moedergemeente (NG Kerk) te gaan. Die oggend diens se tye is 09:00 – 10:00. Die

persoon aan diens of die koshuisvader sal by die koshuis wees as daar dalk leerders is wat nie

kerk toe mag of wil gaan nie.

� Sondae sal daar stilte heers in die Koshuis gedurende die volgende tye, 13:00 – 16:00. Alle

leerders moet dan rustig in hulle kamers wees.

Page 13: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

13

Koshuisbeleide en reëls 2014

Ander

� Alle vorme van pornografie is streng verbode.

� Leerders mag nie in die gange hardloop, skree, fluit of onnodige geraas maak nie. Radio’s is

toelaatbaar slegs indien dit sag gespeel word.

� Indien ‘n Leerder om welke rede ook al nie betyds vir ‘n bepaalde aktiwiteit sal opdaag nie,

moet die koshuishoof vroegtydig ingelig word.

� Leerders moet sorg dat hulle koshuiskamers altyd netjies en skoon gehou word.

� Leerders moet hulle van enige optrede weerhou wat die skool en/of koshuis se beeld sal skaad.

Enige optrede wat die administrasie, dissipline, of doeltreffendheid van die koshuis onbilik

benadeel, sal as ‘n oortreding van hierdie gedragskode beskou word.

� Skuldigbevinding deur ‘n hof aan ‘n strafregtelike oortreding sal as ‘n oortreding van hierdie

gedragskode beskou word.

� Oortredings wat tot skorsing en/of uitsetting kan lei, sluit in, maar is nie beperk nie tot:

o Optrede wat ander se veiligheid bedreig en ander se regte skend;

o Die dreiging met, of besit van, gevaarlike wapens;

o Die besit, gebruik, verhandeling of sigbare bewys van narkotiese of ongemagtige

dwelms, alcohol en bedwelmende middels van enige aard;

o Bakleiery, aanranding of mishandeling;

o Onsedelike gedrag of ‘n gevloek;

o Die aanneem of voorhou van ‘n vals identiteit;

o Enige vorm van haatspraak; seksisme, rassisme of ander antisosiale gedrag;

o Diefstal of die besit van gesteelde goedere;

o Onregmatige optrede teenoor en/of vandalisme, vernietiging of beskadiging van

koshuiseiendom, wat die aanbring van graffiti sou insluit;

o Oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en verbale mishandeling gerig teen opvoeders of

ander skool- en koshuispersoneel of leerders en ander inwoners;

o Herhaalde oortredings van koshuisreëls of hierdie gedragskode;

o Strafregtelike en onderdrukkende gedrag, soos verkragting en geslagsgebaseerde

teistering;

o Viktimasasie, afknouery en intimidasie van ander leeders; en

o Opsetlike en bewuste verstrekking van vals inligting, of die vervalsing van

dokumentasie, ten einde onbehoorlike voordeel te bekom.

� Leerders moet alle tye in die koshuis (volgens tydrooster) streng eerbiedig (sien Bylaag).

Page 14: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

14

Koshuisbeleide en reëls 2014

� Geen leerder mag gedurende skoolure in die koshuis wees nie, en almal moet die koshuis verlaat

teen 07:30 in die oggend.

� Skaatsplankry, ‘rollerblades’, fietsry, luidrugtigheid, skreeu, en onnodige hard

praat/sing/fluit/gil, ens. word binne en rondom die gebou verbied. Spele en gehardloop word

beperk tot areas soos deur die koshuisvader aangedui.

� Klagtes van enige aard rakende koshuisaangeleenthede moet aan die koshuisvader deurgegee

word.

� Geen ontgroening van enige aard sal geduld word nie en kan tot skorsing lei.

� Leerders mag nie ‘n steurnis vir ander in die koshuis of aangrensende bure wees nie.

� Leerders sal te alle tye die personeel en volwasse besoekers en studente respekteer.

� Geen rugbystewels of spykerskoene mag binne die gebou gedra word nie. Indien dit gebeur sal

die betrokke skoene gekonfiskeer word.

� In belang van die koshuis mag daar ten enige tyd ‘n leerder se kamer, kaste en persoonlike

items deursoek word.

� Daar sal elke oggend en aand netheids-inspeksie gedoen word. Dieselfde reëls wat geld by die

skool i.v.m. die voorkoms van die leerder sal geld by die koshuis.

� Geen gespelery word in die seuns en die meisies se vierkante toegelaat nie.

� Geen persoon mag sonder toestemming enige produkte verkoop op die koshuisgronde nie.

� Geen leerder mag onder geen omstandighede saam met ‘n ander persoon in ‘n motor klim tensy

die leerder se ouer/voog die koshuisvader gekontak het nie.

� Hierdie beleid kan van tyd tot tyd deur die beheerliggaam gewysig, aangevul, verander of

aangepas word en is ook van toepassing op sosiale media.

Page 15: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

15

Koshuisbeleide en reëls 2014

C. Koshuis- dissiplinêre beleid

Sien “Gedragskode vir leerders”

Dissiplinêre optrede

Sien skoolreëls. Die volgende kan ook aangewend word.

� ‘n Mondelinge of skriftelike waarskuwing.

� Skoolwerk onder toesig, wat tot die leerder se vordering by die skool sal bydra en die

skoolomgewing sal verbeter, met dien verstande dat die ouers betyds ingelig en die veiligheid

van die kind verseker word.

� Die uitvoer van pligte deur die oortreder ten gunste van die person/instansie wat deur die

oortreding benadeel is.

� Opskorting van deelname aan skool- en/of koshuisaktiwiteite, soos sport en kultuur (wat

sosiale geleenthede uitsluit)

In geval van die oortreding van enige van bogenoemde bepalings, moet sodanige oortreding na die

koshuisvader verwys word, wat by magte is om die volgende strafmaatreëls toe te pas:

� Enige van die strafmaatreëls hier bo genoem, waartoe die volgende bygevoeg kan word:

� Uitsluiting van deelname aan sosiale geleenthede van die skool en of koshuis,

� Ooreengekome, bekostigbare vergoeding,

� Die herstel of vervanging van beskadigde eiendom,

� Gemeenskapdiens vir tot ses uur.

Ernstige oortredings

In geval van ‘n ernstige oortreding (sien skoolreëls) moet sodanige oortreding na die beheerliggaam se

koshuiskomitee verwys word, wat by magte is om die volgende strafmaatreëls toe te pas:

� Enige van die strafmaatreëls hier bo, waartoe die volgende bygevoeg kan word:

� In geval van die oortreding van die gedragskode deur koshuisleiers: Saam met of as alternatief

vir bogenoemde, skorsing van pligte vir ‘n tydperk van tot ses weke, of afdanking en

permanente verwydering uit die leiersamp in die koshuis.

� Na afloop van ‘n verhoor waarin enige inwoner skuldig bevind is aan die oortreding van die

bepalings van die gedragskode, kan die beheerliggaam sodanige leerder enige van die voormelde

strawwe oplê, of die leerder skors, of aanbeveel dat die leerder uit die koshuis uitgesit word.

Indien daar op slegs skorsing as ‘n straf besluit word, kan die beheerliggaam die tydperk van skorsing

bepaal.

Page 16: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

16

Koshuisbeleide en reëls 2014

PROSEDURE VIR DISSIPLINêRE OORTREDINGS IN DIE KOSHUIS

� Oortredings word geklassifiseer in kategoriëe 1, 2 en 3 na gelang van die erns van die

oortreding.

� Aan elke oortreding word ‘n sekere aantal strafpunte gekoppel.

� Sodra ‘n leerder se strafpunte, in ‘n kategorie, opgeloop het tot 8 punte, word hy/sy op

gemeenskapdiens of detensie geplaas, wat dan die 8 strafpunte kanselleer. Die oortredings bly

egter op die leerder se rekord.

� Wanneer ‘n leerder vir die derde keer in ‘n kwartaal detensie of gemeenskapdiens moet doen,

vir ‘n herhaalde oortreding, word die betrokke leerder se ouers/voogde gekontak.

� Indien ‘n leerder 32 strafpunte verwerf, kan hy/sy saam met sy ouers/voogde voor die koshuis

tugkomitee verskyn, wat dan op dissiplinëre optrede besluit.

� Indien ‘n leerder 16 strafpunte in een week opgebou het, word hy/sy ouers/voogde gekontak.

� Leerders wat kategorie 3 oortredings began het, verskyn automaties voor die tugkomitee.

� Aan die einde van elke skoolkwartaal word die strafpunte van alle leerlinge wat minder as 8

punte, per kategorie punte het, afgeskryf.

� Leerders wat detensie bank se ouers sal ook geskakel word en sy/haar detensie sal dan twee

detensies word. ‘n Volgende oortreding van hierdie aard sal daartoe aanleiding gee dat ‘n

tugverhoor gehou sal word. Die oortreder kan geskors/uitgesit word.

� Gemeenskapdiens of detensie, stil sit vir 3 tot 4 uur en niks doen, sal gebruik word om die

leerders te straf. Gemeenskapdiens sal die volgende insluit; bossies uittrek, verfwerk,

teerblad of stoepe vee, ens. Gemeenskapdiens sal enige werk insluit wat tot voordeel sal wees

vir die koshuis se voorkoms en beeld.

� Hierdie detensies sal plaasvind op ‘n Vrydag-middag van 15:30- 17:30.

Page 17: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

17

Koshuisbeleide en reëls 2014

Tipe Oortredings

KODE BESKRYWING PUNTE

Studie oortredings

A01 Laat vir studie sonder verskoning 2

A02 Selfoon of elektroniese apparaat gedurende studie 4

A03 Loop rond gedurende studie sonder toestemming 2

A04 Eet of drink gedurende studie 2

A05 Ontwrigting van studie 4

A06 Daag nie op vir studie nie 4

Dorp en naweek oortredings

A07 Nie reg uit- of/en ingeteken nie 3

A08 Laat ingekom vanaf naweek of dorpverlof 3

A09 Sonder skoolklere in die week op dorpverlof gegaan 3

Ete oortredings

A10 Laat vir ete sonder verskoning 2

A11 Daag nie op vir ete nie 4

A12 Ontwrigting van ete 4

A13 Kleredrag nie na wense 2

A14 Nie reg ingeteken vir ete nie 2

A15 Nie reg uitgeteken vir ete nie 2

Gedrags oortredings

A16 Kras taal 4

A17 Swak gedrag: minder ernstige graad 2

A18 Swak gedrag: herhalend 2

A19 Terug praat nadat aangespreek word deur personeellid 4

A20 Ongehoorsaamheid 4

Algemene oortredings

A21 Rommelstrooi 2

A22 Daag nie op vir afspraak nie 2

A23 In besit van sigarette 4

A24 Staan in rokerskring 4

A25 Slordige kamer 2

A26 Stort of bad buite toegelaate storttye 2

A27 Betreding van verbode area 2

A28 Fisiese kontak (Druk of soen of in mekaar se skote lê) 2

A29 Verloor van gedrag- of akademiese drakaart 4

A30 Gebruik van verbode middels op prente teen mure of kaste te plak. 2

Page 18: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

18

Koshuisbeleide en reëls 2014

KATEGORIE 2

B01 Stokkiesdraai: dorp toe sonder toestemming 8

B02 Ontwrig in studie/eet saal: ernstig graad 8

B03 Ernstige graad van onwelvoeglike taal 8

B04 Ernstige graad van arrogante gedrag 8

B05 Swak gedrag: gee ernstig aanstoot 8

B06 Herhaalde uittarting van gesag 8

B07 Ernstige graad van vloek 8

B08 Oneerlikheid: blatant leuens 8

B09 Baklei: minder ernstig 8

B10 Ontduiking van detensie 8

B11 Vandalisme: minder ernstig (banke, plakkate, ens) 8

B12 Afreking van ‘n person se selfbeeld 8

B13 Rook 8

KATEGORIE 3

C01 Diefstal

C02 Baklei: ernstig

C03 Saakbeskadiging: uiters ernstig

C04 Drankgebruik / onder invloed / in besit van op koshuisgrond

Dwelmgebruik / onder invloed / in besit van op koshuisgrond

C05 Aanranding

C06 Onsedelike aanranding

C07 Afdreiging / Intimidasie: ernstige graad

C08 Herhaaldelike viktimidasie: ernstige graad

C09 Seksuele wangedrag

C10 Besit van onwelvoeglike materiaal

C11 Verbale agressie en ernstige grad teenoor persone

C12 Gevaarlike wapens

Kategorie 3: Strafpunte 16 – 25 of verhoor deur SBL afhangende van die situasie

Page 19: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

19

Koshuisbeleide en reëls 2014

BYLAAG

Die belangrikheid van die selfoon as kommunikasiemiddel word deur die skool en koshuis erken. Saam

met die besit van ‘n selfoon of elektroniese apparaat )oorfone, MP3 spelers, I Pods, ens) is daar ook ‘n

gepaardgaande verantwoordelikheid.

Die volgende reëls geld:

� Selfone word op eie risiko in die koshuis ingebring. Die eienaar is verantwoordlik vir die

veiligheid van die selfoon of elektroniese apparaat.

� Geen oproepe mag gedurende etenstye of studietye ontvang of gemaak word nie. Die selfoon

en elektroniese apparaat moet gedurende genoemde tye ook buite sig wees.

� Die apparaat kan dus enige tyd gebruik word behalwe die bogenoemde tye.

� Indien daar die moontlikheid is van ‘n dringende boodskap, kan die Koshuisvader geskakel word

wat dan die boodskap sal oordra aan die betrokke leerder.

� Alle selfone moet met ligte-uit afgeskakel word.

� ‘n Leerder se selfoon mag van hom/haar weggeneem word indien hy/sy nie die reëls

gehoorsaam nie. In so ‘n geval sal die inwoner erken dat hy/sy kennis dra van die bepalings van

die koshuisreëls en die strafsanksie dat sy/haar foon afgeneem mag word.

� Leerders mag die simkaart uithaal en/of die foon afskakel. Plaas die selfoon in ‘n koevert met

die leerder se naam en van voorop geskryf. Die personeel aan diens gee die selfoon of

elektroniese apparaat in die Koshuisvader se hand.

� Die leerder kan sy/haar selfoon of elektroniese apparaat teen R20.00 gaan terugkoop by die

Koshuisvader. Sodanige fondse sal in die koshuisrekening inbetaal word tot voordeel van die

koshuis. ‘n Kwitansie sal ook uitgeskryf word by die betaling van die selfoon of elektroniese

apparaat.

� Terugkooptye: die volgende oggend wat die selfoon afgeneem is.

Page 20: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

20

Koshuisbeleide en reëls 2014

KOSHUISTYE (WEEKSDAG)

MAANDAG TOT VRYDAG

OPSTAAN: 06:00

STORTTYD: 06:00 – 06:25

KAMER INSPEKSIE: 06:30

ONTBYT: 06:45 – 07:10

SKOOL TOE: 07:30

MIDDAGETE: 14:45 – 15:10

DORPVERLOF (DINSDAG EN DONDERDAG): 15:30 – 17:30

MIDDAGSTUDIE (GEDURENDE EKSAMENS): 16:30 – 17:30

AANDETE: 18:00 – 18:25

STORTTYD: 18:25 – 18:50

AANDSTUDIE 1: 19:00 – 20:00

AANDSTUDIE 2: 20:20 – 21:20

STORTTYD (NA SKOOL AKTIWITEIT): 21:20 – 21:35

KAMERINSPEKSIE: 21:40

STILTETYD: 21:50

LIGTEUIT: 22:00

ALLE TYE MOET STRENG GEHOORSAAM WORD!!

Page 21: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

21

Koshuisbeleide en reëls 2014

KOSHUISTYE (NAWEEK EN PUBLIEKEVAKANSIEDAE)

SATERDAG, SONDAG VAKANSIEDAE

OPSTAAN: 08:00

STORTTYD: 08:00 – 08:20

ONTBYT: 08:30 – 08:55

DORPVERLOF: 10:00 – 12:00

MIDDAGETE: 12:30 – 12:55

SONDAGMIDDAG STILTE: 13:00 – 16:00

DORPVERLOF (SATERDAG): 15:00 – 17:00

(SONDAG): 16:00 – 17:00

AANDETE: 17:30 – 17:55

STORTTYD: 18:30 – 19:00

ROLLCALL: 20:00

AANDSTUDIE: 20:10 – 21:10

KAMERINSPEKSIE: 21:30

STILTETYD: 21:50

LIGTEUIT: 22:00

ALLE TYE MOET STRENG GEHOORSAAM WORD!!

Page 22: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

22

Koshuisbeleide en reëls 2014

KOSHUISTYE (NAWEEK EN PUBLIEKEVAKANSIE)

EKSAMENTYE

SATERDAG, SONDAG EN VAKANSIEDAE

OPSTAAN: 08:00

STORTTYD: 08:00 – 08:20

ONTBYT: 08:30 – 08:55

SATERDAG SONDAG

DORPVERLOF: 09:00 – 09:50 DORPVERLOF: 09:00 – 09:50

OGGENDSTUDIE: 10:00 – 11:00 OGGENDSTUDIE: 11:00 – 12:00

MIDDAGETE: 12:30 – 12:55 MIDDAGETE: 12:30 – 12:55

MIDDAGSTUDIE: 14:00 – 15:00 MIDDAG STILTE: 13:00 – 16:00

DORPVERLOF: 15:00 – 17:00 DORPVERLOF: 16:00 – 17:00

AANDETE: 17:30 – 17:55 AANDETE: 17:30 – 17:55

AANDSTUDIE: 18:30 – 19:30 AANDSTUDIE: 18:30 – 19:30

STORTTYD: 19:30 – 20:00 AANDSTUDIE: 20:00 – 20:45

STORTTYD: 21:00 – 21:20

KAMERINSPEKSIE: 21:30

STILTETYD: 21:50

LIGTEUIT: 22:00

ALLE TYE MOET STRENG GEHOORSAAM WORD!!

Page 23: Koshuisbeleide en reëls 2014 · Geen siek leerder mag sonder die nodige toestemming in die kamer bly/gaan lê nie. Ouers kan met die koshuishoof skakel wat die siekte en behandeling

23

Koshuisbeleide en reëls 2014

VERKLARING

LEERDER: Hiermee onderneem ek, ....................................................................................., om my te

onderwerp aan die Gedragskode en Dissiplinêrestelsel van Durbanville SkoolKoshuis.

OUER/VOOG: Ek, .............................................................................., ouer/voog van,

.................................................................................., verstaan die bogenoemde Gedragskode en

Dissiplinêrestelsel en onderneem om die Koshuis en die Hoërskool Durbanville in die toepassing van die

Gedragskode en Dissiplinêrestelsel te ondersteun.

................................................. .........................................

Handtekening Ouer/Voog Handtekening Leerder

................................................ ........................................

Datum Datum